Hanlie Wehmeyer
My storie soos geskryf deur Hanlie Wehmeyer. In 2010 die 10 de November was ek gediagnoseer.
Voor dit kon ek agter kom ek verloor my balans makliker en ek sukkel om daaglikse take uit te voer wat ek voorheen met gemak kon doen. Die aand wat ek besef het daar was iets fout was toe ek gebad het en gesukkel het om uit te klim, amper geval, en toe ek op die stoep se trap gaan sit by my dogter kon ek nie weer opstaan nie.
Ons gaan toe hospitaal toe en die soektog na fout is het begin. Dit was in Roseacres. Toe doen die dokter die toets met my voete en hy en die verpleegster kyk toe net vir mekaar. Ek was toe na Bedford Gardens toe gestuur vir ‘n MRI. Hulle gee vir my ‘n koevert en ek maak dit toe self oop en sien dit is Multiple Sclerosis. Ek weet toe was iets fout en ek het nie geweet wat MS is nie.
Ek word toe verder verwys na Dr Wolberg die neuro by Linksfield, maar was steeds in Roseacres. Hy boek my toe in vir 7 dae en sit my op ‘n cortisone drip.
Die cortisone het my baie aggresief gemaak ek nie gedink dis wat gaan gebeur nie so die hele familie was kwaad vir my. Ek het by my oom se korthuis gebly en toe nog my eie besigheid gehad. Ek het myself opgebou van daar af na ‘n bachelors flat bo ‘n apteek en my besigheid het ook gegroei, na dit het ek na ‘n groter plek toe getrek, toe word ek baie siek en stel ‘n manager by my besigheid aan en ek word toe oor ‘n paar jaar vreeslik besteel. Dit, en grootliks omdat ek nie self by ie besigheid kon wees nie, het veroorsaak dat ek die besigheid moes verkoop.
Ek maak toe die besluit om alles op te gee en na my ma in Pretoria toe te trek. Ek is terug na een kamer met al my besittings.
Vandag kan ek voel hoe ek oor die afgelope 10 jaar baie verswak het. Ek gaan nou ‘n nuwe neuroloog sien wat ‘n klomp toetse wil doen om die pyn te verbeter want die pyn is onverdaagbaar. My dogter het so maand terug ‘n tattoo gekry wat die “ribbon” en die datum van my diagnose wys. Dit is nou in 2020.
My dogter het die storie vir my getik. Die tattoo is op haar nek omdat my ms die ergste daar voorkom.
Dis hoe dit nou is met my.