Gamat Wilson

My naam is Gamat Shaheen Wilson, ek is die jaar 40 jaar oud.

Ek is in 2010 by Groote Schuur Hospitaal opgeneem en vir MRI skandering geneem. Daar is 4 sjanderings gedoen. Die dokter het my toe meegedeel dat daar wit kolle op my brein is, dat dit Veelvoudige Sklerose is, en hulle het my dadelik op binneaarse medikasie gesit. Ek het uitgebars in trane want ek het nie geweet wat VS is, en wat met my gebeur nie.

Toe ek die dokter vra of daar nie pille is wat mens kan drink nie, toe sê hy nee, daar is geen kuur nie.

Ek kon nie meer werk nie en is rolstoel gebonde. My Pa is in 1988 oorlede en my Ma kry ‘n klein pensioen van die Staat. Ek het ook geen Mediese Fonds nie.

My lewe is net so van my weg gevat.

Ek is dankbaar vir die MS Society wat my al die jare elke maand bystaan met finansiele hulp. Dit is soos ‘n lewensredder vir ons. Daarsonder sal ons nie oorleef het nie. Ons kry bitter swaar waar ons leef in Mitchell’s Plain maar God is Groot in ons lewe.

Gamat Wilson