Anneke Olivier
Ek is Anneke Olivier, 51 jaar oud en getroud met Eugene. Ons het een dogter. Ons bly in Bethulie in die Vrystaat en ons dogter bly in Knysna. Ek werk voltyds as 'n geregistreerde verpleegkundige in 'n primêre gesondheidsentrum by 'n kliniek in Bethulie.
Ek is gediagnoseer met MS in 2010 nadat ek sensasie verloor het van my voete tot in my bolyf. Dit het gevoel soos wanneer 'n tandarts jou tandvleis doodspuit. Alles was dood en alles het so groot en vet gevoel. Met my diagnose toe die dr vir my sê dat ek MS het het ek self nie geweet wat dit is nie. 'n Vriendin moes dit vir my google en laat weet wat MS is.
Teen daardie tyd was ek ook 'n tweekamp atleet en my dokter het gese dast ek nie meer sal kan hardloop nie maar wel sal kan swem en stap waarna ek besluit het om aan te gaan en fiks te bly. Aangesien ek nie vir medikasie gekwalifiseer het nie omdat ek nie genoeg letsels gehad het nie, moes ek konsentreer om gesond te lewe en fiks te bly.
In 2011 het ek verder gaan studeer, wat 'n baie rowwe jaar was, waar ek meer as een relapse gehad het maar steeds het ek nie gekwalifiseer vir medikasie nie.
Ek het besluit om in 2012 die Midmar te swem en wel toe in 38 minute.
Toe in 2013 het ek weer 'n relapse gehad en meer letsels in my nek en rug en toe kwalifiseer ek vir behandeling. Met Avonex begin wat ek oor naweke gespuit het. Dit het my redelik siek gemaak maar ek het aangegaan.
In 2014 het my MRI gewys daar is geen nuwe letsels nie so die Avonex het goed gewerk. Ek het besluit dat ek so dankb aar was vir die Here is so goed vir my het ek besluit om iets te doen vir MS. En omdat ek self nie geweet het wat MS is nie en waaroor dit gaan nie, het ek besluit om Kaap toe te stap van Bethulie af in 2015 om mense bewus te maak van MS en dat wanneer mens gesond lewe jou medikasie gebruik en oefen enige chroniese siekte oorkom kan word. Ek het toe wel Kaap toe gestap 837 km in 21 dae. In 2016 het ek besluit om elke jaar iets spesiaals te doen vir MS.
In 2016 het ek en van my vriende gaan valskerm spring by Thembi wat 'n wonderlike ervaring was.
In 2017 sou die Comrades gedoen het maar as gevolg van 'n besering kon ek nie deelneem nie. Ek het weer 'n relapse gehad en my Dr het my verander van Avonex na Copaxone toe wat ek in 2017 begin het.
2018 het ek sou deelnaam aan die Sanlam Cape Town Marathon maar as gevolg van 'n foutiewe inskrywing het ek twee dae voor die tyd uitgevind dat ek nie kon deelneem nie. in 2018 April het ek besluit omdat ek so gesond gevoel het en ek sou na 'n vriendin toe gaan in Australia besluit om my Copaxone te stop vir die tyd wat ek oorsee sou gaan.
2018 Des het ek baie groot relapse gehad en dr het my verander na Aubagio. Dit is 'n goeie produk. ek het baie van my hare verloor maar geen ander newe effekte nie en dit het baie goed gegaan.
2019 het ek weer relapse gehad met nuwe kol in my nek maar aangesien hulle gese het Aubagio vat 8 maande om te werk het ek aangehou met Aubagio. 2019 was 'n baie rowwe jaar by ons werk. Min verpleegkundiges en geen uitdagings wat ek kon aanpak nie.
2020 is vir ons almal seker 'n rowwe jaar met Covid19 en aangesien ek 'n verpleegkundige is en 'n frontline worker is ek in Julie gediagnoseer met Covid aangesien ek vir 3 maande net met Covid gewerk het. Ek het dit verbasend goed hanteer en aangesien alles afgestel is die jaar agv Covid gaan ek op 18 Oktober die 42 km op my eie stap. Ek wil dit graag doen vir MS.
In Januarie van 2020 het my fisioterapeut wat vir my ongelooflik baie beteken het, in 'n swembad geduik en haar nek gebreek. Sy is op die oomblik nog in die hospitaal vir rehabilitasie maar aangesien haar mediese fonds nie meer haar rehab wil betaal nie, wil ek graag vir haar iets terugdoen en daarom gaan ek die jaar 42 km stap vir Lianie en vir MS. OM vir die Here dankie te sê dat ek so bevoorreg is om nog steeds hierdie dinge te kan doen en nog so gesond is.