Ronel Horne

My naam is Ronel Horne. Ek was 'n Kaptein in die Polisie en was in 2001 na Wellington SAP verplaas. Gedurende die jaar het ek 'n onderonsie gehad met een van my lede. Twee dae daarna het ek gehoor dat die betrokke lid my by die Polisie stasie kom soek het met sy vuurwapen en my wil kom dood skiet het. Ek het baie groot geskrik. 

Toe ek die volgende oggend wakker word en uit my bed wil op staan verloor ek my balans en val teen my kas. As ek reg uit kyk het ek trippel visie en en het dronk kop en is baie naar. 

My DG het vir my medikasie gegee maar ek het na 6 weke nog steeds al die simtome gehad. Ek is toe na dr. Wagenveldt in Somerset-Wes waar hy my ondersoek het en medikasie gegee het. Ek moet sê na 4 dae kon ek weer reg sien en was nie meer naar nie maar ek het 'n wan balans gehad. 

Wat ek toe wel agter gekom het is as ek groot geskrik het of geskok was oor iets het die simptome terug gekom. Ek het ook verkeerd gelees en woorde omgeruil wanneer ek gepraat het. 

Ek was wel na 'n neuroloog in Durbanville toe wat vir my DG gesê het ek makeer niks. 

In 2006 het my werk daar onder gely deur dat ek gedink het ek het dit gedoen maar ek het nie en ek was daaroor aangepraat. Ek het toe onmiddellik na my DG toe gegaan en gesê dat ons moet nou vas stel wat fout is. Ek is toe vroeg in 2007 weer na Dr Wagenveldt toe en hy het toe al die korrekte toetse laat doen en dis toe dat ek gediagnoseer is met MS.

Dr Lubbe is van 2007 af my neuroloog en ek kan net die beste waardering praat van hom. 

Ek het nou weer gerelapse maar kry nou behandeling by my huis. Dr Lubbe sê hy wil nie die kans neem om ons bloot te stel aan die virus nie.  Dit is nou Covid19 2020.